Wie of wat is jou eindbestemming van jou lewe? Party godsdienstiges mag sê "die Hemel", ander weer "sukses"... of so sal ons hoop? Jesus gesels in sy afskeidsgesprekke met ons in Johannes 14:1-14 oor ons eindbestemming. Jesus dink daaroor as Iemand, nie so seer as 'n plek nie. Kom luister saam en neem deel aan die gesprek!