Hoe gaan dit met jou lyf? – 1 Johannes 1:8-9; 2:1,9-11

Hoe gaan dit met jou lyf? – 1 Johannes 1:8-9; 2:1,9-11

In die Covid-19 tyd mis ons ’n konneksie met ander mense. Maar afstand en isolasie is nie ‘n nuwe ding nie. ‘n Mens hoor in die laaste jare baie die woord vervreemding. Sielkundiges, sosioloë en mense wat weet sê ons het die lewe so begin sorteer en in hokkies ingedeel, dat ons nie meer weet wie ons is nie. Ons het vreemd geword vir onsself en mekaar. Isolasie en afstand kan maak dat jy voel dit wat jy doen maak nie saak nie. Partykeer voel God ook ver – ‘n onverstaanbare iets wat nie ‘n verskil in my lewe, of aan my lyf maak nie. 1 Johannes sê God is nie ver nie. Hy kom loop deur ‘n mens, Jesus, in die stofstrate van ons wêreld. Uiteindelik breek Hy Sy lyf aan die kruis om my en jou lywe deel van Hom te maak. Hy nooi ons nader, om saam met Hom in die wêreld te loop, en om saam met Hom lief te hê.


Hierdie opname is gemaak op 10 Mei 2020

Diens: 9:00 Erediens

Preekreeks: Koningkrykstyd

Prediker(s)
Lieze Meiring