Leef die Avontuur – Lukas 1:39-56

Leef die Avontuur – Lukas 1:39-56

Lukas 1:39-56 Ons lees gewoonlik Maria se lied in Kerstyd, want dit vertel van die groot dinge wat God in die wêreld doen. Dis nie ‘n mooi wiegelied soos mens sou verwag nie; dis ‘n lied wat mense ontstel, want dit vertel hoe die wêreld op sy kop gekeer word. Maria se lied raak elkeen van ons – dit sê dat God geringe mense raaksien, dat Hy onbelangrikes kies om Sy wil te laat geskied, dat Hy sorg, en ‘n nuwe toekoms bring. Die lied nooi ons om die onmoontlike te droom.


Hierdie opname is gemaak op 20 Des 2020

Diens: 9:00 Erediens

Preekreeks: Advent

Prediker(s)
Lieze Meiring