Lig – Johannes 9

Lig – Johannes 9

Johannes 9 Jesus en sy disspiels sien ‘n man wat van geboorte af blind was. Die dissipels vra of die man se blindheid veroorsaak is deur sy ouers, of dalk sy eie sonde. Jesus antwoord nie hulle vraag direk nie. Vir Hom gaan dit nie oor die oorsprong van lyding nie, maar oor wat God in ons lyding doen. Die genesing van die blinde man is ‘n teken waarmee Jesus die mense wil laat sien: Hy wil nie net die blinde man nie, maar almal rondom hulle, se oë oopmaak vir God se lig. Jesus self is God wat sy lig selfs in die donkerste donker laat inskyn en lewe bring.


Hierdie opname is gemaak op 09 Feb 2020

Diens: 9:45 Erediens

Preekreeks: Epifanie

Prediker(s)
Lieze Meiring