Mense het verskillende toekomsverwagtinge. Hoe praat Jesus daaroor?
Sommige Christene verkondig ‘n voorspoedteologie: indien jy glo en gehoorsaam is, sal God joulewenspad seën met al die mooi dinge. Indien jy nie gehoorsaam leef nie, kan jy teëspoed verwag. In Matt. 24 praat Jesus oor die toekoms, maar dan gebruik Hy nie rooskleurige taal om dit te beskryf nie.
Voor die wederkoms gaan daar baie ellende wees. Matt. 24 bied nie ‘n gemaklike toekomsperspektief nie. Die enigste troos wat gegee word is die wederkoms wat die geboorte van ‘n nuwe bestaansorde sal wees. Intussen kan die toekoms vir ons betekenisvol wees deur te volhard in liefde. Temidde van en ten spyte van swaarkry kan ons oorleef in liefde. Kies opnuut iemand vir wie jy lief kan wees.