‘n Herfsfees – Haggai 2:1-9

‘n Herfsfees – Haggai 2:1-9

Herfs is ‘n mooi tyd – ons sien ander kleure en die lug voel anders. Dit voel iets is aan die gebeur. Die profeet Haggai roep in herfstyd die mense op om die tempel te herbou. Juda se drome het nie gerealiseer nie. Alles lê in puin na hulle terugkeer uit ballingskap. Die aarde hou ook terug - die oeste is skraps en hulle het konflik met mekaar. Dis genoeg rede vir moedeloosheid. Maar Haggai sê die mense kan feesvier, want God is teenwoordig in hulle swaarkry; Hy is in hulle daaglikse brood en botter; in hulle werk; daar waar hulle Hom spesiaal aanbid; en daar waar hulle verantwoordelikheid neem vir die samelewing. Ons kan ook opstaan en feesvier, want God is hier.


Hierdie opname is gemaak op 02 Mei 2021

Diens: 08:00 Oggenddiens

Prediker(s)
Lieze Meiring