Politieke woelinge & magspeletjies – Jesaja 6

Politieke woelinge & magspeletjies – Jesaja 6

Eskom, selfverryking, grond, inflasie, korrupsie… dis woorde wat ons bekommerd maak. ‘n Mens voel dit aan jou lyf. Mense voel ook magteloos teenoor politieke magspeletjies by die werk. Jesaja 6 is geskryf toe daar ook ernstige politieke vergrype was. Maar Jesaja sê: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid”. Jesaja nooi ons om verder te kyk as die “magtiges” rondom ons. God is groter. Koninkryke kom en gaan, maar Hy is ewig. God is verhewe bo alles, maar Hy is ook hier. Hy gee om wat aangaan op aarde – Hy is betrokke by ons wêreld, en by mense. Ons lewe is in Sy hand, en dít gee vir ons hoop.


Hierdie opname is gemaak op 07 Nov 2021

Diens: 08:00 Oggenddiens

Preekreeks: Koningkrykstyd

Prediker(s)
Lieze Meiring