Sien jy al iets? – Markus 8:11-30

Sien jy al iets? – Markus 8:11-30

Markus 8:11-30 Baie dinge verblind ons vir God in ons lewens: Die chaos van siekte, dood en hartseer. Dinge soos my agtergrond; my trots en mislukkings; my manier van glo, soos dat dit altyd moet goedgaan met Christene. My vooroordele - hoe ek glo dinge gedoen moet word. Die manier hoe ek mense en dinge meet en beoordeel, of die feit dat ek soms dink ek het al die antwoorde. Hoe kan ek verby hierdie dinge sien? Jesus maak met ons soos met die blinde man in Markus 8:22-26. Hy knoop ‘n verhouding met jou aan, Hy vat jou aan die hand en lei jou, Hy raak jou aan… en stadig maar seker, bietjie vir bietjie, maak Hy jou oë oop.


Hierdie opname is gemaak op 21 Feb 2021

Diens: 9:00 Erediens

Preekreeks: Advent

Lydenstyd

Prediker(s)
Lieze Meiring