Skrywersblok – Genesis 6

Skrywersblok – Genesis 6

Die Vloedverhaal van Noag en die Ark is definitief nie ‘n vriendelike kinderstorie nie. Ons maak die storie mak tot op die punt wat ons die storie versteur. Die verhaal laat ons meer aan moderne films soos 28 Days Later of Contagion dink... of die volgende film wat oor COVID-19 gemaak gaan word. Die Vloedverhaal vertel die storie van Genesis verder waarmee ons die laaste 3 Sondae besig is. Jy sal onthou ons het stilgestaan by die twee Skeppingsverhale aan die begin – ‘n storie wat mooi en goed begin het, maar met Adam en Eva se ongehoorsaamheid bederf geraak het. Daarna het ons by Kain se moord op Abel stilgestaan en die verhaal het vinnig nog donkerder geword. Dit lyk of God se “menslike-eksperiment” gefaal het en daar is geen ander uitkoms as om met ‘n skoon bladsy te begin nie. Wat vertel Genesis 6-9 oor die “hoekom”? Wat vertel dit oor God?


Hierdie opname is gemaak op 02 Aug 2020

Diens: 9:00 Erediens

Preekreeks: Koningkrykstyd

Prediker(s)
Danie Vermaak