Tweede Kanse – Genesis 12:1-13

Tweede Kanse – Genesis 12:1-13

In Genesis 12 begin Abraham se geloofsreis saam met God. God seën hom in vers 1-9, sodat hy ‘n seën kan wees. Op Abraham se geloofspad was daar krisisse, soos ‘n droogte, waar hy nie God se stem hoor nie. Daarom het hy paniekerig geraak. In vers 10-20 probeer Abraham dan oorkompenseer vir sy vrese, en maak verkeerde besluite. Hy raak selfsugtig en word ‘n vloek vir die Farao eerder as ‘n seën. Dis ‘n reaksie wat ons goed ken, want dit gebeur in ons lewens. Maar God is ‘n God van tweede kanse. Sy plan is groter as ons ongeloof. Ons gebrokenheid kan nie ‘n einde maak aan Sy sorg nie. Hy begin elke keer nuut met vasgeloopte mense


Hierdie opname is gemaak op 11 Apr 2021

Diens: 08:00 Oggenddiens

Preekreeks: Paasfees

Prediker(s)
Lieze Meiring