Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees – Lukas 12:13-34

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees – Lukas 12:13-34

Wanneer laas het jy gaan stilword en dink oor die gawes wat God vir jou gegee het? Die Bybel praat van die kerk as ‘n liggaam en dat elke deel van die liggaam ‘n rol het om te speel in die kerk en die wêreld. Wanneer ons elkeen God begin dien met ons gawes, ons geld en ons tyd in die verskillende kontekste waar ons is, dan sal die invloed wat ons het elke dag vergroot. Wanneer ons dit begin gebruik wat God reeds vir ons gegee het, word ons God se hande en voete in die wêreld. Gebruik hierdie week om te reflekteer oor die manier hoe God jou unieke gawes kan gebruik en deur jou ‘n verskil kan maak.


Hierdie opname is gemaak op 17 Okt 2021

Diens: 08:00 Oggenddiens

Preekreeks: Koningkrykstyd

Prediker(s)
Maartje Van der Westhuizen