Vir die laaste paar weke het ek stilgestaan by
Nehemia 9:17. Nehemia skryf vir die ballinge wat
terugkeer van ‘n swaar verlede na ‘n onsekere
toekoms. Dit klink bekend. Want alhoewel die
grendeltyd-regulasies verslap is, bly ons onseker oor
wat die toekoms vir ons gaan inhou. Baie van ons
beleef pyn en hartseer oor geliefdes wat oorlede is;
ons mag dalk ons werk verloor het en ons smag na
‘n tyd waar ons net weer normaal kerk toe kan kom.
Nehemia help ons om een ding reg te verstaan -
dat God ons nie verlaat het nie: “Maar U is ‘n God
wat vergewe, genadig is, barmhartig is, lankmoedig
en vol liefde is. U het ons nie verlaat nie.”