Tyd
Anders as geld, is tyd een van die dinge waarvan
almal ewe veel het. Maak nie saak hoe ryk of arm jy
is nie, jy kry dieselfde hoeveelheid tyd as die
persoon langs jou. Het jy al gedink dat dit wat jy met
jou tyd doen, verklap wat vir jou belangrik is? As jy
elke dag tyd maak om te oefen, dan verklap dit dat
jou gesondheid vir jou ‘n prioriteit is. Dalk is dit weer
tyd om te evalueer wat jy met jou tyd doen en wat
dit ontbloot van jou prioriteite.
Hoe kan jy jou tyd hierdie week so inrig dat dit in lyn
is met dit wat vir jou belangrik is?