Vir baie gelowiges is die eindbestemming die
“hemel”. Vir Jesus se volgelinge is dit die Vader. Dit
is nie jy wat die weg na God toe moet vind nie, dit is
God wat die weg na jou toe gemaak het deur Jesus
Christus. Dit is in Jesus wat die Vader tot by jou
gekom het om Homself voor te stel. Daarom is
Jesus die weg, die waarheid en die lewe (Johannes
14:6). Die weg waarop Jesus jou uitnooi is nie ‘n
moreel-godsdienstige pad nie, maar iemand...
Hyself.