Ons almal bevind ons soms in woestyntye. Dawid leer vir ons wat om daarmee te maak. Vir hom was sy woestyntyd skrikwekkend, maar ook wonderlik. Die woestyn was vir Dawid ‘n plek van waarheid, ‘n plek van skoonheid, ‘n plek van liefde. Dis hier waar hy geleer het om beter te kyk, beter te hoor, beter te glo. Dis hier waar hy sy rol in die lewe begin verstaan het. Hy het ‘n soort heiligheid ervaar; ‘n soort nabyheid aan God, aan die aarde en aan homself. Die jare wat Dawid in die woestyn spandeer het, was van die beste jare van sy lewe.