Wysheid is ‘n tema wat regdeur die hele Bybel na vore kom. Die Bybel, veral die wysheidsliteratuur, se definisie van wysheid is: om voor die aangesig van God te leef. Psalm 37 is ‘n wysheidspsalm en vertel vir ons hoe om ook vandag voor God se aangesig te kan lewe: deur om op Hom te vertrou, want Hy sal sorg.