Troues

NG Elarduspark bied troues aan asook troufasiliteite. Jy kan meer lees onder fasiliteite oor die huur en gebruik van die kompleks. Jy kan ook ‘n lys van orreliste, ander diensverskaffers, ens. by die koster, Martin Venter, kry.

Die beskikbaarheid van die leraars is onderhewig aan die opening van hulle dagboeke. Reël dus vroegtydig met die betrokke leraar vir ‘n datum en tyd. Daar word ook verwag dat die paartjie wat trou die huweliksvoorbereidingskursus by Dr. Faure Louw sal deurloop. Hiervoor kan Amanda Venter by die kerkkantoor geskakel word (012 345 1144). Die huweliksvorm kan onder aan hierdie bladsy afgelaai word en by die betrokke leraar ingehandig word. Meer inligting oor wat julle alles benodig, kan in die vorm gevind word.