Uitdagings na Uitkoms

Dr. Lieze Meiring is saam met ‘n span beraders beskikbaar om limonade te maak van die suurlemoene wat lewe jou bied. Sy, saam met Dr. Faure Louw en Dr. Ryna Grobelaar behartig die pastorale spreekkamer.

Dr. Faure Louw begelei mense wat vir die eerste keer in die huwelik wil tree met die huweliksvoorbereidingskursus. Vir die getroude mense wat hulle huwelik wil verryk, is daar die Alpha Huwelikskursus.