Missionale Liefdesdiens
Hierdie bediening is die gemeente se “arm” wat verantwoordelikheid neem vir uitreik en versorging aan ‘n wêreld in nood. Die projekte en aksies word meestal deur gemeentelede gekoördineer en bestuur. Die CMR Elarduspark, wat deel uitmaak van die bediening, bied spesialis-dienste aan die gemeente en gemeenskap. Missionale Liefdesdiens se doelwit is om deur vennootskappe / deelname, met deernis en respek, herstel te bring in mense se lewens.

Laai die MLD Brosjure met meer inligting hieronder af:
Pastorale spreekkamer
'n Veilige ruimte vir lidmate en nie-lidmate om onder andere te praat, en sin te maak van hulle trauma, verliese en verhoudings. Toerusting soos huweliksverryking, huweliksvoorbereiding, kreatiewe aftrede ens. word ook aangebied.

Indien jy belangstel en meer inligting wil hê, kan jy 'n direkte boodskap vir die organiseerder stuur.