Ondersteun

Omgee

Ons Gee Om

As die gemeente wat omgee begelei ons jou van doop tot laerskool, van hoërskool tot jong volwassene & student, van eensaamheid na gemeenskap, van uitdagings na uitkoms en grysheid na wysheid. Ons bediening in die gemeente is ook dienooreenkomstig gestruktureer.

Laai ons Omgee Brosjure af om 'n lys van al ons bedienings en aktiwiteite te kry. Vind jou plek waar jy Omgee kan Ondersteun!

Priesters

As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, ’n koninkryk wat My as priesters dien, en ’n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.’ Dit is wat jy aan die Israeliete moet vertel.” - Eksodus 19:5-6

God het ons in hierdie wêreld as priesters aangestel, wat die wêreld in die erediens verteenwoordig. In die erediens besing ons God se lof namens die wêreld en kom staan voor God namens 'n gebroke wêreld. Wanneer ons na die diens in die wêreld uitgestuur word, verteenwoordig ons as priesters God by die wêreld.

Ondersteun Omgee en wees betrokke deur te dien

Ons help jou om jou spesiale plek te vind waar jy met jou tyd en gawes kan omgee. Kontak ons.