Saamgestelde Gesinne

Die kerngesin, saamgestel uit twee ouers met hulle eie biologiese kinders, is lankal nie meer die mees algemene gesinstruktuur nie. Gesinne, saamgestel uit lede wat ook deel is/was van ander gesinstrukture, raak al hoe meer algemeen. Daarom stel ons ‘n toerustingsreeks bestaande uit 3 dele, beskikbaar. Die doel is om inligting te deel, wat kan help met die uitdagings waarmee ‘n saamgestelde gesin gekonfronteer kan word. Laai gerus die handleiding hieronder af/  kontak  vir dr. Lieze Meiring:
lieze@ngelarduspark.org.za.